Boudica

John Opie se Boadicea Haranguing the Britons.

Boudica (oorwinning in Kelties, ook Boadicea of Boudicca, † 61 n.C.) was 'n Keltiese koningin van die Iceni wat veral bekend is as die leier van die rebellie teen die Romeine in 61 n.C. Wat oor haar bekend is, kom uit tekste deur Cassius Dio en Tacitus; hulle was Romeine en dus haar vyande.

Tacitus het die rebellie in twee van sy boeke beskryf: 'n biografie oor sy skoonpa Agricola en die Annales (jaarboeke). Van die Annales, wat die tydperk van Augustus se dood tot Nero se dood dek, het nie alle dele bewaar gebly nie. Die rebellie word wel beskryf, terwyl die deel van die verowering van Brittannia verlore gegaan het.

Dio Cassius het die boek Romeinse Geskiedenis in 84 volumes oor die ontstaan van Rome geskryf tot 229 n.C. Agtien volumes het heeltemal bewaar gebly. Boudica se opstand bestaan uit 'n verlore bundel wat slegs uit samevattings bekend is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search